Commercial Farmers' Union of Zimbabwe

Commercial Farmers' Union of Zimbabwe

***The views expressed in the articles published on this website DO NOT necessarily express the views of the Commercial Farmers' Union.***

Was grondhervorming in Zimbabwe ‘n mislukking, soos in die media uitgebeeld word? Of was dit ’n sukses?

Was grondhervorming in Zimbabwe ‘n mislukking, soos in die media uitgebeeld word? Of was dit ’n sukses?

Landbouweekblad – Sean Christie

5 Julie 2013

Was Zimbabwe se grondhervormingsproses ’n maatskaplike en ekonomiese mislukking, soos uitgebeeld in die media oor die afgelope 13 jaar? Of was dit ’n sukses – soos deur ’n groeiende getal akademiese studies beweer word?

Landbouweekblad het die skrywer Sean Christie en die fotograaf Dave Southwood na Zimbabwe gestuur om die situasie eerstehands te ondersoek.

Die boek Zimbabwe Takes Back its Land deur Joe Hanlon, Jeannette Manjengwa en Teresa Smart oor Zimbabwe se grondhervormingsprogram het groot opspraak in Suid-Afrika verwek.

Daarin word gemeld dat grondhervorming in Zimbabwe ’n sukses is en dat pres. Robert Mugabe die regte ding gedoen het toe hy 90% van Zimbabwe se wit boere se grond van hulle afgevat het.

Bevindinge bevraagteken
Die boek se bevindinge word bevraagteken deur vooraanstaande ekonome en akademici van Zimbabwe, maar het byval gevind by sommige bekende Suid-Afrikaners, soos die politieke ontleder Max du Preez, mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Dali Tambo, die televisiepersoonlikheid, en mnr. Thulas Nxesi, Minister van Openbare Werke.

Volgens Christie het die produksie van tabak in Zimbabwe inderdaad deels herstel, grootliks danksy boere wat hervestig is. “Die ander kant van die oplewing, die kant waarvan ’n mens nie hoor nie, is dat die nuwe tabakproduksiestelsels só onvriendelik is teenoor die omgewing dat dit die bedryf se volhoubaarheid belemmer.”

Christie en Southwood, wat nie die amptelike goedkeuring van die Zimbabwiese regering gehadhet om as joernaliste te werk nie (buitelandse joernaliste is nie welkom daar nie), het bevind daar is ’n groeiende getal jong, wit boere wat na die land terugkeer –nie as grondeienaars nie, maar as grondpagters vir die room van die land se politieke leiers.

Southwood, wat nog nie voorheen in Zimbabwe was nie, was verbaas. “Die indruk is deur sommige media gewek dat alle wit mense van die plase afgejaag is. Hier is al hierdie jong mense besig om met blink nuwe Landcruisers verby groot tabaklanderye te ry. Boonop braai hulle nog elke Saterdag saam – soos toe kolonialisme hoogty gevier het,” het hy gesê.

Hervestigde swart kleinboere
Nog iets wat besoekers sal verbaas, is dat die hervestigde, swart kleinboere – wat glo die grootste ondersteuners van die regerende party Zanu-PF is – onder die groep Zimbabwiërs tel wat tans die ongelukkigste is met die regering.

Christie en Southwood het tyd met dié boere deurgebring om hul kwellings te probeer verstaan.

“Vir ons was dit duidelik: Hul grootste probleem het te doen met die vraag waarom Zimbabwe vanjaar meer as ’n miljoen ton tabak moet invoer as die landbou in die land herstel het.

“Ons was verras met die wyd uiteenlopende antwoorde op dié vraag: ‘Daar is steeds onsekerheid ten opsigte van grondbesit, landbou-finansiering word nie toegeken nie en net 50 000 ha van die 120 000 ha besproeiingsgrond wat voor grondhervorming vir tabakproduksie gebruik was, is nog bewerkbaar’.

“Al dié antwoorde is deel van ’n buitengewoon ingewikkelde situasie, waaroor dit gevaarlik is om aannames te maak,” het Christie gesê.

* ‘n Volledige reeks artikels oor Christie en Southwood se besoek word in die eersvolgende uitgawes van Landbouweekblad gepubliseer.

Kyk na ‘n inleidende video wat die span gemaak het.

 

http://www.landbou.com/nuus/lbw-span-bekyk-zim-grondgrype

Facebook
Twitter
LinkedIn
WhatsApp

Fresh Chingwizi headache for govt

Fresh Chingwizi headache for govt    12/7/2019 Source: Fresh Chingwizi headache for govt | Newsday (News) BY TATENDA CHITAGU Survivors of the Tugwi-Mukosi floods in 2014

Read More »

ED dangles carrot to war veterans

ED dangles carrot to war veterans – NewsDay Zimbabwe   2/7/2019 By Everson Mushava PRESIDENT Emmerson Mnangagwa’s government has ordered all the country’s eight provincial

Read More »

New Posts: